Groentetuin kan waarde toevoeg

Aug 24, 2017 7:04:52 PM

Richard Gray, uit voerende hoof v an Harcourts Afrika.

Die groen revolusie is wyd en syd bekend – om goeie redes.

Ons kleinhandelaars verkoop deesdae organiese kos, daar is ondernemings wat sonpanele by huise installeer en daar is ’n groot beweging om vermorsing te beëindig en so ons natuurlike hulpbronne te bewaar.
Dié neiging sal deel van ons daaglikse lewe bly.

Die groter bewustheid oor die mensdom se impak op die omgewing, het baie mense ook aangespoor om meer bedag te wees op hul eie koolstofvoetspoor – veral wat ons kosverbruik betref en watter impak dit op die omgewing het.

Al hoe meer gesinne begin hul eie kos produseer en belê in groentetuine waar hulle self vars produkte kan kweek. Sodoende hoef hul kos nie oor groot afstande vervoer te word of verpak te word nie, wat dus hul koolstofvoetspoor kleiner maak.

Maar voeg ’n groentetuin waarde tot jou huis wat dit aanlokliker maak vir kopers?

’n Mooi tuin voeg ongetwyfeld waarde by. In Brittanje word geraam dat ’n tuin wat goed in stand gehou is, tot 20% tot die waarde van ’n eiendom kan toevoeg.

Dit in ag geneem, sal die bykomende voordeel om voedsame en vars kos in ’n mooi tuin te kan kweek, beslis aanloklik wees vir die meeste huiskopers, ook in Suid-Afrika.

Solank as wat verbruikers steeds meer leer oor die voordele van hierdie soort leefstyl, sal die vraag na toevoegings soos gevestigde groentetuine by huise bly toeneem.

Ons het reeds ’n neiging waargeneem onder millennierkopers, wat huise verkies met kragbesparingstoestelle en gryswaterstelsels.

Met dit in ag geneem, hier is ’n paar riglyne wat jy kan volg om jou groentetuin so aanloklik moontlik te laat lyk:

■ ’n Gryswaterstelsel om jou tuin nat te lei, is ’n fantastiese manier om verantwoordelik ten opsigte van waterverbruik te wees en jou groentetuin volhoubaar te maak.

■ Die voorkoms van jou tuin is baie belangrik. Daar is ’n groter vraag na netjiese tuine wat goed in stand gehou is, en waar die verskillende groentevariëteite goed geïdentifiseer word.

■ Plant groente, vrugte en kruie wat normaalweg deel van ’n gesin se gereelde dieet sal vorm.

■ Sper jou tuin mooi af. Dit sal goed werk vir kopers met honde en kinders wat die groentetuin dalk kan beskadig.

Dit is egter belangrik om te onthou dat soos met die meeste opknappings aan jou huis, jy goed moet uitwerk wat die opbrengs op jou belegging gaan wees. As jy ’n groot bedrag bestee met die verwagting dat dit ’n onrealistiese waarde tot jou eiendom gaan toevoeg, gaan jy dalk teleurgestel word.

Topics: Home Grown Vegetables, Herb Gardens, Organic Food, Vegetable Garden, Millenials, Investing in Property